Veiliger paaie verg ‘kollektiewe poging’
Die uitvoerende hoof van die motorvoertuigongelukke fonds, Rosalia Martins-Hausiku, sê die erkenning van padveiligheid as ‘n kernwaarde stel die fonds in staat om kosbare lewens te red. Sy het by die vierde Vroue in Padveiligheid-konferensie in Oshakati gesê die bemagtiging van gemeenskappe vir veiliger paaie verg ‘n kollektiewe poging wat proaktiewe betrokkenheid, opvoeding en die bevordering van verantwoordelike gedrag op Namibië se paaie vereis. Sy sê dit behels verder die skep van bewustheid en pleit vir veranderinge in padinfrastruktuur, voertuigveiligheidstandaarde en wetgewing.