Dag van die Namibiese Kind – vergeet van temas, waar is die ouers?

Die Dag van die Namibiese Kind is ‘n jaarlikse instelling in die land en word vandag herdenk. Die tema vanjaar lê klem op die kind se regte in die digitale omgewing wat wenkbroue laat lig. Volgens Cran het 80 persent van Namibiese skole geen inligtingstegnologie-infrastruktuur nie. Vir die res, gaan dit bedroef met Namibiese kinders. Rondom 357 000 kinders kwalifiseer vir die kindertoelaag en meer as helfte van 800 000 skoolgaande kinders maak staat op die skoolvoedingsprogram vir ‘n daaglikse ete. Die bekende maatskaplike aktivis Zack Itodo sê aan Kosmos 94.1 Nuus dit handel nie oor temas van herdenkingsdae of maatskaplike programme nie. Hy wil weet waar is die kinders se ouers? Hy sê dis die ouers wat die rol moet speel, nie die regering nie.