Ons herdenk die Dag van die Namibiese Kind

Die Dag van die Namibiese Kind is ‘n jaarlikse geleentheid wat toegewy is aan die viering en voorspraak vir die regte en welstand van kinders in Namibië. Die stand van sake vir kinders in Namibië is nie baie goed nie met rondom 357 000 kinders wat kwalifiseer vir die kindertoelaag en meer as helfte van 800 000 skoolgaande kinders wat staatmaak op die skoolvoedingsprogram vir ‘n daaglikse ete. Amper ‘n kwart van Namibiese kinders ervaar swak groeitempos as gevolg van voedseltekorte. Maar, die regering het besluit om op die regte van die kind in die digitale omgewing met vanjaar se herdenking te fokus. Kosmos 94.1 Nuus het met die Namibiese ombudsman, Basilius Dyakugha, gepraat wat sy boodskap met Namibiese kinders deel.