Feitefout sorg vir konsternasie in NV
‘n Nuusberig wat deur ‘n plaaslike mediahuis gepubliseer is waarvolgens die toerisme-ministerie 13 perde teen ‘n koste van 1,6 miljoen Namibiese dollar aangeskaf het om onwettige stropery te bekamp, het vir konsternasie in die Nasionale Vergadering gesorg. Die perde word vir patrolliedienste in die Etosha Nasionale Park ingespan. ‘n Ontstoke Maximalliant Katjimune, parlementslid van die Populêre Demokratiese Beweging, wou by die minister weet hoekom die perde soveel kos.
Die omgewingsake-minister, Pohamba Shifeta, het gereageer en sê dit is gerugte, misleidend en ongegrond. Trouens, die Ministerie het 130 000 dollar vir al 13 perde betaal, dus 10 000 dollar per perd.