Parlement moet Transnet ondersoek
Die DA het gevra vir ‘n dringende parlementêre ondersoek na die krisis by Suid-Afrika se sleutel-vervoer- en logistieke organisasie, Transnet. Die party glo die minister van Openbare Ondernemings, Pravin Gordhan, en president Cyril Ramaphosa se gebrek aan doeltreffende leierskap het die situasie vererger. Die DA-lid, Ghaleb Cachalia, sê Transnet se ondoeltreffendheid sal na raming vanjaar vyf-persent van die bruto binnelandse produk beïnvloed en 35 000 werksgeleenthede in gevaar stel. Cachalia stel voor die uitvoerende hoof van Transnet, Portia Derby, moet afgedank word as deel van die herstelplan: