Rooikruis help met bystand in Wes-Kaap
Die Wes-Kaapse Departement van Maatskaplike Ontwikkeling werk saam met humanitêre organisasies, insluitend die Rooikruisvereniging, om die ontvangs en verspreiding van skenkings te koördineer aan gebiede wat deur die langnaweek se storms geraak is. Die hoof van die departement, Robert Macdonald, sê aflaaipunte vir skenkings sluit in die Rooikruisvereniging se kantore in die provinsie. Macdonald sê die Toelae vir Maatskaplike Noodverligting werk saam met munisipaliteite om evaluerings uit te voer met inwoners wat geraak word: