Een dood in Spaanse bul-stormloop

ʼn Man is die naweek dood nadat ʼn bul hom deurboor het tydens ʼn tradisionele bul-stormloop by ʼn fees in die Valencia-streek van Spanje. Dieselfde bul het ook ʼn ander man se been deurboor. Elke jaar vind honderde geleenthede reg oor Spanje plaas waar bulle in strate vrygelaat word terwyl mense voor hulle uithardloop. Baie aktiviste voer aan hierdie gewilde geleenthede is gevaarlik en wreed en die debat of dit verbied moet word, het die afgelope jare ernstiger geword.