Ekologie van Visrivier onder Neckartal-wal ondersoek
In opdrag van Orasecom wat verantwoordelik is vir die Oranjerivierbekken, is ‘n studie oor die omgewingswater-benodighede in die Visrivier onder die Neckartal-damwal voltooi. Die studie definieer die huidige ekologiese toestand van die rivier en bespreek voorgestelde vloeivlakke wat nodig is om die gebied se ekologie te ondersteun sedert die dam voltooi is. Verskeie scenario’s is ontwikkel en die navorsers soek insette. ‘n Openbare vergadering sal op 16 Oktober by Schutzenhaus in Keetmanshoop plaasvind om die benodighede van die vloei in die deel van die rivier te bepaal en te kwantifiseer.