Druk op leiers oor ontwikkelingsdoelwitte
Wêreldleiers ondervind al hoe meer druk om hulle beleggings te verhoog om die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte teen 2030 te bereik. Die algemene vergadering van die Verenigde Nasies het die wekroep om aksie uitgereik en beklemtoon die behoefte aan aansienlik meer beleggings om by die mikpunte uit te kom. Tot dusver is nog net 15 persent van die kritieke doelwitte bereik. Die bedryfshoof van die African Housing and Infrastructure Fund, Rali Mampeule, het aan eNCA gesê dit is deurslaggewend vir Afrika om vordering te maak met innovering om die volhoubare ontwikkelingsdoelwitte te verwesentlik.