Man van Henties as vermis aangemeld
‘n 69-jarige inwoner van Hentiesbaai, Henry Jacobus Mapanka, is by Nampol in die Erongo-streek as vermis aangemeld. Hy het vroeg Dinsdag-oggend alleen na Sesfontein vertrek in sy wit Nissan Hardbody dubbelkajuit-bakkie en het teen sowat 06:00 die oggend deur die Ugab-hek gegaan. Hy het egter nooit sy bestemming bereik nie en sy selfoonnomer is onbereikbaar. ‘n Soektog wat deur sy familielede, vriende en die polisie van stapel gestuur is, was tot dusver onsuksesvol.