Jerry se gade-wet dalk vandag in die Huis?

Die omstrede wetgewing van Jerry Ekandjo is steeds nie deur die parlement bespreek nie. Dit is neergelê vir Dinsdag maar niks het gebeur nie, en toe is dit na Woensdag verskuif, weereens sonder enige bespreking. Daar word deur sommige kenners beaam dat die wetgewing nêrens heen sal gaan nie. Die Nasionale Vergadering se woordvoerder Rafael Hangula sê die wetgewers is baie besig en dit sal waarskynlik vanmiddag na vore tree.