Indiensneming deur arbeid vertoon uiters power in eerste 6 maande

Die indiensnemingportaal van die arbeidsministerie het volgens berigte in die eerste helfte van die jaar 10 358 werksoekers geregistreer, maar het net daarin geslaag om 613 by werkgewers te plaas. Daar is in die ooreenstemmende tydperk, 1 890 vakatures geregistreer. Die inligting is vervat op die geïntegreerde aanstellingsinligting-stelsel van die ministerie. Alle werkgewers met tien of meer werkers moet enige vakatures op die stelsel registreer en werksoekers kan ook daar hulle besonderhede plaas. Tot op hede het 5 866 vroue daar geregistreer met 4 492 mans. Khomas-streek het 1 305 werksoekers geregistreer gevolg deur Erongo met 1 015.