Dit sal goed vir geldeenhede wees as Brics olie in eie geld aankoop

Daar word berig dat die Brics-groepering weer besprekings oor die handel in olie in Amerikaanse dollar laat herleef. Indië het onlangs in sy roepee olie by Rusland aangekoop. Sou die groep die aanslag aanvaar kan dit ‘n wesenlike impak op die dollar hê, veral omdat Brics uitbrei en groot olie-verbruikers insluit. Professor Nixon Kariithi, ‘n kenner van Afrika-aangeleenthede en mediastudies, sê dit kan tot groot voordeel van Afrika-lande strek as hulle in hul eie geldeenhede kan handel dryf.