Geld nodig om impak van klimaat aan te spreek – Cyril
President Cyril Ramaphosa sê dis kommerwekkend dat ryker lande nie hulle voorneme gestand doen om 1,89 triljoen Suid-Afrikaanse rand per jaar beskikbaar stel sodat ontwikkelende lande klimaatsverandering kan bekamp nie. Hy het gister by die 78ste sitting van die Verenigde Nasies se Algemene Vergadering in New York gepraat. Ramaphosa sê die noodsaaklike menslike kwaliteite van vernuwing en aanpasbaarheid moet versinnebeeld word in optrede om die planeet te red: