Pasgebore babalyk in vrieskas op Oshakati gevind

Die oorskot van ‘n pasgebore babaseuntjie is in ‘n vrieskas in die Onawa-omgewing van Oshakati gevind. Die Oshana-polisie se inspekteur Thomas Aiyambo, sê ’n 34-jarige vrou is in verband met die saak in hegtenis geneem en is onder polisiebewaking by die Oshakati-staatshospitaal. Hy sê die verdagte was na bewering agt maande swanger en het by die huis geboorte geskenk, maar het die geboorte versteek. Sy het aan die polisie gesê die baba is dood gebore en dus het sy hom gewas, in plastiek toegedraai en in die huishoudelike vrieskas geplaas. Verskeie ander bewysstukke is tydens die soektog gevind en die ondersoek duur voort.