Namibië, SA werk saam aan saak van verblinde man

Die Internasionale Betrekkinge-ministerie het aangekondig hulle ondersoek in samewerking met Suid-Afrikaanse owerhede, ‘n roofvoorval in Johannesburg wat veroorsaak het dat ‘n Namibiese burger sy sig verloor het. Die waarnemende uitvoerende direkteur van die ministerie, Sabine Böhlke-Möller, sê die slagoffer, Sam Shikongo, van Okahandja, ontvang tans mediese behandeling in ‘n Windhoekse hospitaal nadat hy tydens die rooftog geskiet is, wat tot die verlies van sy sig gelei het. Böhlke-Möller sê die ministerie het ‘n beroep vir kalmte en samewerking gedoen terwyl die ondersoek aan die gang is: