Aussies moet waaksaam wees vir brande die somer

Australië se weerburo het bevestig dat ‘n El Niño-weerpatroon aktief is, wat warm en droë toestande meebring en wat ‘n ernstige veldbrandseisoen en droogte tot gevolg kan hê. Regeringsvoorspeller Karl Braganza het gesê verhoogde oppervlaktemperature in die Stille Oseaan kan die land tot vroeg volgende jaar beïnvloed. Die somer sal warmer as die gemiddelde wees, en beslis warmer as die afgelope drie jaar Die El Niño-klimaatpatroon kom gemiddeld elke twee tot sewe jaar voor en duur gewoonlik tussen nege tot 12 maande.