Sensus: Dit is hoekom jy getel moet word

Die land is in rep en roer oor die lang-uitgestelde sensus wat Maandag begin het om data in te samel oor verskeie aspekte van die bevolking en om ontwikkelingsdoelwitte korrek en doeltreffend te beplan. Kosmos 94.1 Nuus het met Salomo Hei, die voorsitter van die Namibiese Statistieke-agentskap se raad en ekonoom, oor die sensus gesels.