Proteas het nog baie werk om te doen, ten spyte van oorwinning

Die Proteas se afrigter vir die beperkte-boulbeurtformaat, Rob Walter, sê ten spyte van hulle eendagreeks-oorwinning oor Australië, moet hulle nog baie verbeter voor volgende maand se Wêreldbeker in Indië. Suid-Afrika het die laaste drie wedstryde gewen om die reeks met twee-drie te beklink. Die Proteas kom op die sewende van volgende maand in Delhi teen Sri Lanka te staan in hulle Wêreldbeker-openingswedstryd. Walter sê hulle moenie te veel in hierdie reeksoorwinning lees nie: