Zuma en Dali is steeds maats, sê stigting

Die Jacob Zuma-stigting ontken gerugte dat voormalige president Jacob Zuma bande met advokaat Dali Mpofu verbreek het. Die gerugte het ontstaan nadat Mpofu nie verlede week by Zuma was nie toe die Hooggeregshof in Johannesburg sy appèl van die hand gewys het om sy opvolger, Cyril Ramaphosa, privaat te vervolg. In teenstelling met gerugte op sosiale media wat dui op ‘n gebroke verhouding, hou die woordvoerder van die stigting, Mzwanele Manyi, vol die bewerings is ongegrond. Manyi hou voet by stuk Zuma se verbintenis met Mpofu is ongeskonde: