Kyk so uit vir skelms tydens sensus
Die langverwagte sensus het vandag begin. Dit duur tot 3 November. Terwyl die opname uiters belangrik is, is daar ook kommer oor misdadigers. Iipumbu Sakaria van die Namibiese Statistieke-agentskap het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat oor presies waarvoor lede van die publiek moet uitkyk.