Huurraad: Studente kry die swaarste

Die sekretaris-generaal van Studente-unie van Namibië Benhard Kavau, sê die sloer met die nuwe wetgewing in verband met huur koms studente duur te staan. Die 1977 Huurordinans is steeds van krag in die land maar word nie afgedwing nie en verder, daar is ook geen standaarde of vastegestelde tariewe nie. Kavau sê die ministerie van stedelike ontwikkeling moet die kwessie met dringendheid afhandel.