Kim op pad huis toe na ‘n week in Rusland
Noord-Koreaanse leier Kim Jong Un is op pad huis toe nadat hy ‘n laaste stop in Rusland se oostelike stad Vladivostok gemaak het. Kim het twee dae in Vladivostok deurgebring terwyl hy verskeie fasiliteite op die gebied van militêre, ekonomie, wetenskap, onderwys en kultuur besoek het. Kim was ‘n week lank in Rusland en hy en President Vladimir Putin het onderneem om ekonomiese bande te versterk. Die besoek lok groot kommer onder Westerse bondgenote uit.