BLSA ondersteun nuwe wet op staatsondernemings
Business Leadership South Africa se uitvoerende hoof, Busi Mavuso, sê, daar is min in die Wetsontwerp op Nasionale Staatsondernemings wat sakevertroue sal inspireer. Die wetsontwerp sit die regsbasis uiteen vir ‘n staats-batebestuursmaatskappy waarin instellings in staatsbesit oorgedra en in filiale omskep sal word. Mavuso sê ‘n beheermaatskappy maak dalk in beginsel sin, maar dit sal ‘n mate van onafhanklikheid vereis, dit moet bedryfsbesluite kan neem om die staatsondernemings se finansiële prestasie te verseker en moet onafhanklik wees wat begrotings betref.