SA het sedert ’94 goeie beleggings in navorsing en innovering ervaar

Die minister van Internasionale Betrekkinge en Samewerking Naledi Pandor sê Suid-Afrika het belegging in navorsing, ontwikkeling en innovasie verskerp van die bereiking van vryheid en demokrasie in 1994 af. Pandor het gepraat tydens die algemene debat by die G77 plus China in Havana, Kuba. Sy sê befondsing vir 90 Sentrums van Uitnemendheid is verskaf, sowel as steun vir duisende jong mense wat vir doktorsgrade studeer in wetenskap, ingenieurswese, ekonomie, geesteswetenskappe en tegnologie: