Tesourie laat behoeftiges in steek
Die buurland se departement van Maatskaplike Ontwikkeling het, na wat berig word, meer as 15 miljard Suid-Afrikaanse rand se maatskaplike hulpverligtingstoelae die afgelope boekjaar aan die Nasionale Tesourie teruggee. Berigte lui dit is onthul terwyl honderd-duisende ontvangers van toelae dié maand in die steek gelaat is weens probleme by die Posbank. Hoewel die departement verduidelik het hy kon sommige begunstigdes nie opspoor nie, word hy beskuldig dat hy behoeftige Suid-Afrikaners in die steek laat. Volgens die koerant het meer as 6 miljoen mense wat vir die 350 rand toelaag aansoek gedoen het, dit om verskeie redes nie ontvang nie.