Alles op die spel vir Proteas en Aussies vandag

Die Wanderers in Johannesburg gaan vandag volgepak wees vir die vyfde en beslissende eendag-internasionale wedstryd tussen die Proteas en Australië. Heinrich Klaasen het Vrydag 174 lopies van slegs 83 aflewerings behaal om Suid-Afrika na ‘n rekordtotaal van 416 vir vyf in die vierde kragmeting op Supersportpark te lei. Die tuisspan se oorwinning met 164 lopies het die reeks twee-elk gelykop gemaak.  Die Proteas speel op 7 Oktober in die openingswedstryd van die Wêreldbeker teen Sri Lanka in Delhi, Indië.