Gru-verkragtingsaak op Rehoboth
‘n Grusame berig van verkragting kom vanuit Rehoboth. ‘n Seun, 17, en sy agt-jarige suster word aangekla van die verkraging van ‘n nege-jarige meisie. Volgens die plaaslike uitsaaier, sê die staat die seun het die nege-jarige verskeie male verkrag met die hulp van sy agt-jarige sussie wat die slagoffer vasgehou het tydens die verkragting. Die twee het reeds in die landdroshof op die dorp verskyn en moet op 18 Oktober terugkeer. Hulle is in hulle ouers se sorg vrygelaat.