Pollard blykbaar op pad Frankryk toe om Marx te vervang

Die Springbok losskakel Handré Pollard gaan hom glo by Suid-Afrika se Wêreldbekerspan aansluit as Malcolm Marx se plaasvervanger. Volgens berigte kan Pollard na die Bok-stal terugkeer nadat Marx uit die span is weens ‘n kniebesering. Die terugkeer van die 2019 Wêreldbekerwenner kan beteken die Stormers se haker, Joseph Dweba, sal langer moet wag vir ‘n kans om te speel want dit lyk asof agterlyn-veelsydigheid voorrang geniet bo voorspeler-spesialisasie vir die Bokke se breintrust.