Kalimbeza staan twee jaar stil, te midde voedselsekerheid-uitdagings
Kalimbeza-rys het in twee jaar geen aanplantings gedoen nie en daar is sedertdien geen oeste nie. Dit terwyl die Afrika Ontwikkelingsbank ‘n ryssprogram van 12,2 miljard Namibiese dollar bekend gestel het om 15 Afrikalande te help in hul poging om 53 miljoen ton rys teen 2025 te lewer. Die doelwit van die program vir die ontwikkeling van lewenskragtige produksie, is om die oeste en opbrengs op die 750 000 hektaar besproeide grond te verdubbel. Een-miljoen ryskwekers, waarvan 30 persent vroue is, sal voordeel hieruit trek. Kalimbeza, wat in 2007 reeds gestig is, het oor die jare reuse-uitdagings ervaar as gevolg van tekorte aan befondsing en wanbestuur. Kosmos 94.1 het met Jona Musheko, landbou se woordvoerder oor die jongste gesels.