NamPower begin Maandag met sy Token Identifier-projek
NamPower sal, nes Cenored en Stad Windhoek reeds gedoen het, begin met sy Token Identifier-projek. Die projek skop Maandag af in Khomas, Omaheke, Hardap en Karas. Die maatskappy sê die opdatering van voorafbetaalde meters is genoodsaak deur aanpassings deur die Elektrisiteitsbeheerraad wat nuwe tegnologie daargestel het. Al NamPower se kliënte wat voorafbetaalde krag van hom in die streke bekom, moet teen 24 November opgegradeer wees.