Reeva se pa Barry was ‘n groot ‘teddiebeer’

Huldeblyke stroom in vir Barry Steenkamp, pa van die vermoorde model Reeva Steenkamp,. Hy is op 80-jarige leeftyd in sy slaap dood. Hy het met sy gesondheid gesukkel sedert hy in 2013 beroerte gehad het tydens die Paralimpiese atleet, Oscar Pistorius, se verhoor vir die moord op Reeva. Die Reeva Steenkamp-stigting se uitvoerende hoof, Tania Koen, sê hy sal onthou word vir sy sagte hart.