Besprekings begin om kraamverlof te verleng

Namibië se Maatskaplike Sekerheidskommissie het met besprekings begin om kraamverlof met voordele van drie na vier maande te verhoog. Dit volg op ‘n mosie wat deur ‘n lid van die Popular Democratic Movement, Winnie Moongo, in die Nasionale Vergadering ter tafel gelê is, waarin gevra word vir vyf maande kraamverlof met volle betaling asook vaderskapsverlof. Die kommissie se uitvoerende hoof, Milka Mungunda, sê geen aanbevelings oor vaderskapsverlof is aan die Ministerie van Arbeid, Nywerheidsverhoudings en Werkskepping gemaak nie. Intussen het die arbeidskenner, Herbert Jauch, dié stap verwelkom: