Nigerië se kragnetwerk stort ineen

Nigerië se elektrisiteitsverspreidingsmaatskappye het vandag ‘n totale stelsel ineenstorting aangemeld, wat wydverspreide onderbrekings in Afrika se grootste ekonomie veroorsaak het. Kragopwekking het in die vroeë oggendure tot nul gedaal en het teen half-11 tot 273 megawatt gestyg, steeds ver onder die daaglikse gemiddelde van 4 100 megawatt wat nodig is. Elektrisiteitsvoorsiening is wisselvallig in Nigerië wat huishoudings en besighede dwing om hulle eie kragopwekkers te gebruik. Nigerië het 12 500 megawatt se geïnstalleerde kapasiteit, maar produseer ongeveer ‘n kwart daarvan.