Hoop vervaag vir oorlewendes in Libië

Die Libiese ministerie van Binnelandse Sake sê die dodetal weens die verwoestende vloede wat Storm Daniel in Derna veroorsaak het, kan moontlik tot 20 000 styg. ‘n Woordvoerder, Tarek al-Kharraz, het bevestig meer as 5 300 sterftes is in die stad aan die Middellandse See aangeteken, waarvan meer as 3 000 reeds begrawe is. Al-Kharraz sê die situasie is haglik, met ongeveer 10 000 mense van wie nie rekenskap gegee kan word nie. Reddingspanne het intussen uit Egipte, Tunisië, die Verenigde Arabiese Emirate, Turkye en Katar in Libië aangekom.