Lombaard broers kry N$50 000 se borg, saak uitgestel

Die eienaars van Golden Game CC naby Mariental, Johan en Kobus Lombaard, saam met hulle medebeskuldigde Rudy Kotze, sal weer op 6 Februarie volgende jaar in die hof verskyn. Dit kom na die Gobabis-landdroshof ‘n borgaansoek aangehoor het en die saak uitgestel het, en ook teruggestuur het na Leonardville. Al drie mans is vrygelaat op borg van 50 000 Namibiese dollar elk. Dit kom na hulle arrestasie op 30 Augustus op die C15 tussen Aranos en Stampriet toe hulle deur ‘n mobiele padblokkade voorgekeer is. Hulle het volgens die staat wildebeeste sonder die nodige permitte vervoer.