Aksie hervat vandag in Frankryk

Wêreldbeker-aksie hervat vandag na ‘n blaaskans van drie dae na die eerste naweek se wedstryde. Vandag se enigste kragmeting begin vanaand nege-uur in Lille tussen die gasheer, Frankryk, en Uruguay. Môre kom Namibië in Toulouse te staan teen die driemalige kampioen, Nieu-Seeland, wat nog sy wonde lek na sy nederlaag teen die Franse in die openingswedstryd. Saterdag speel Samoa teen Chili, Wallis teen Portugal en die voorste span op die wêreldranglys, Ierland, teen Tonga. Sondag kom die Springbokke teen Roemenië te staan, die Wallabies teen Fidji en Engeland teen Japan.