Hage sê die opkomende sensus is kritiek vir ontwikkeling

Na die amptelike bekendstelling van die 2023 Bevolking- en Behuisingsensus by Staatshuis in die hoofstad deur die Namibiese Statistiek-agentskap, het president Hage Geingob ‘n beroep op Namibiërs gedoen om hul deel te doen om getel te word. Die president het klem gelê op die belang van die sensus vir ontwikkelingsdoeleindes.