Tshwane vra optrede teen skurkagtige stakende werkers

Die Stad Tshwane het wat hy noem die skurkagtige en gewelddadige karakter van die onwettige staking veroordeel, wat die metro reeds meer as ‘n maand lank al teister. Vier van die stad se voertuie is aan die brand gesteek en ‘n bestuurder is aangerand in geteikende aanvalle te midde van die voortslepende staking deur munisipale werkers wat by die Suid-Afrikaanse Munisipale Werkersvakbond geaffilieer is. Die stad se woordvoerder, Selby Bokaba, sê die stadsbestuurder doen ‘n beroep op wetstoepassingsagenstskappe om die oortreders vas te trek: