98 leerders positief getoets

Shangula het sy kommer oor die hoë aantal positiewe gevalle onder leerders uitgespreek. Die 98 leerders wat positief getoets het, verteenwoordig 53 persent van alle positiewe gevalle. By Rietquelle Hoërskool in die Gobabis-distrik is 56 leerders positief en 19 leerders van Otjituuo Primêre Skool in die Grootfontein-distrik.