97% van Afghane teen middel 2022 brandarm – VN

Die VN se ontwikkelingsprogram sê 97 persent van Afghane sal teen die middel van volgende jaar in absolute armoede lewe as daar nie ingrypings is nie. Die program het ‘n studie gedoen wat toon dat Afghanistan se BBP met tot 13,2 persent kan inkrimp. Die land is volgens die VN op die rand van ‘n totale ekonomiese ineenstorting met ‘n humanitêre katastrofe daarby. Armoede is reeds op 72 persent. Die ontwikkelingsprogram het ‘n pakket saamgestel met verskeie ingrypings, wat oor ‘n periode van 24 maande geïmplementeer moet word. Die plan sal nege miljoen kwesbare landsburgers ondersteun.