900 items van sterre onder die hamer

Meer as 900 items wat goedere van Eric Clapton, Elvis Presley, Madonna en Michael Jackson insluit, sal die week in New York opgeveil word. Die akoestiese kitaar wat Clapton in 1970 tydens ‘n Londense konsert gespeel het, sal volgens kundiges die hoogste prys behaal met vooruitskattings wat meen dit kan vir tot 500 000 Amerikaanse dollar verkoop. Een van Presley se kitare sal moontlik 90 000 Amerikaanse dollar behaal en Madonna se Evita kostuum 12 000 dollar. Daar is nog items van Amy Winehouse, Katy Perry, Nirvana en die groep se hoofsanger Kurt Cobain wat aangebied word. ‘n Foto Cobain as tiener sal ook onder die hamer gaan.