88 Energy kry belowende resultate in PEL93
Daar word berig dat 88 Energy sê hy het tien onafhanklike moontlike bronne van koolwaterstof in die Owambo-bekken geïdentifiseer. Dit kom na 2D-seismiese opnames in die PEL93 eksplorasieblok oor ongeveer 100 vierkante kilometer. Volgens 88 Energy sal hy ‘n onafhanklike oorsig doen, wat bykomende inligting sal integreer. Die maatskappy beoog om die bevindinge te bekragtig en ‘n voornemende hulpbronskatting vir PEL93 in die eerste helfte van 2025 te finaliseer.