75 000 dosisse van die AstraZeneca-entstof kom môre in Namibië aan

75 000 dosisse van die AstraZeneca-entstof kom môre in Namibië aan en word gereserveer vir mense wat reeds die eerste inenting van hierdie spesifieke entstof gehad het. Ben Nangombe, uitvoerende direkteur van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste, het gesê dat dit onmiddellik oor Namibië versprei sal word en het ‘n beroep gedoen op mense wat met die eerste dosis van die Astra Zeneca -entstof geënt is, om so gou as moontlik by die inentings-punte te meld nadat die entstof beskikbaar is. Die 75 000 dosisse sal op Dinsdag 10 Augustus 2021 landwyd beskikbaar wees, het hy gesê.