67% van Namibiërs vrees vergelding as hulle fluitjie blaas

Navorsing deur Afrobarometer op die vasteland toon dat ongeveer 70 persent van respondente bang is vir vergelding sou hulle inligting verskaf oor korrupsie en net 27 persent glo dis veilig om ‘n fluitjieblaser te wees. Net twee Afrika-lande se respondente glo dis veilig om korrupsie aan te meld en dit is Gambië en Marokko. In Namibië glo 67 persent van respondente dat daar vergelding sou wees terwyl 76 persent van Suid-Afrikaners so glo. In Botswana is 69 persent van respondente oortuig daar sal vergelding wees. Afrobarometer sê verder dat 58 persent van Afrikane glo dat korrupsie toegeneem het met net 22 persent wat meen dit het gedaal. Die studie is van laat in 2019 tot vroeg vanjaar gedoen.