6 Jan: Mense wat teen Trump gepraat het is geboelie, geteister

Die openbare verhore na die gebeure op 6 Januarie 2021 oor die Capitol-opstand in Washington in die VSA het Dinsdag voortgegaan en gefokus op oudpresident Donald Trump se pogings om deelstate te beïnvloed om meer stemme te vind. Die speaker van Arizona-huis, die Republikein Rusty Bowers, ‘n Trump-ondersteuner, het getuig. Hy het geweier om President Joe Biden se oorwinning uit te gooi en gesê hy sal nie die wet vir oudpresident Donald Trump breek nie.

Intussen het Shaye Moss, ‘n voormalige verkiesingswerker in Georgia, getuig sy het dreigende boodskappe aanlyn ontvang na Trump, sy prokureur Rudy Giuliani en ander haar valslik van verkiesingsbedrog beskuldig het. Moss sê sy was bang om die huis te verlaat nadat Trump haar spesifiek geteiken het: 

Volgens ‘n nuwe peiling glo 58 persent van Amerikaners nou dat Trump kriminele aanklagte in verband met die Capitol-aanval in die gesig moet staar.