5G en vliegtuie – wat is die probleem?

Verizon en AT&T, beide internetverskaffers in die VSA, het die week ingestem om die ontplooiing van hulle 5G-tegnologie op WiFi-vlak met twee weke te vertraag. Dit kom na lugvaartowerhede hulle kommer uitgespreek het oor die invloed van 5G-seine op vliegtuie se stelsels. Kosmos 94.1 Nuus het met die lugvaartkenner, dr. Guy Leitch gepraat oor presies wat die moontlike invloed kan wees.