493 Nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig

Die Namibiese gesondheidsministerie het 493 nuwe Covid-19 gevalle in die land bevestig.Windhoek het 56, Walvisbaai 55, Katima Mulilo 54,Tsumeb 41,Oshakati 35 en Eenhana 32. Die res kom landwyd voor. Daar is steeds 20 617 aktiewe gevalle,met 92 250 wat herstel het uit ‘n kumulatiewe totaal 118 922.Die herstelkoers is 80%.