42 dood in brande in Algerië

Twee-en-veertig mense is tot dusver in bosbrande in Algerië dood. Dit sluit 25 soldate in wat ontplooi is om die brande te help blus. Daar word berig dik rookwolke bedek die meeste van die bergagtige Kabylie-streek, oos van die hoofstad Algiers. Die minister van binnelandse sake, Kamel Beldjoud, het glo brandstigters die skuld gegee, sonder om meer besonderhede oor die bewerings te verskaf. Die Europese atmosferiese moniteringsagentskap het verlede week gesê die Middellandse streek het ‘n brandpunt vir veldbrande geword, terwyl massiewe brande, aangehelp deur ‘n hittegolf, woude in Turkye en Griekeland verswelg het.