41m mense lei honger

Die Wêreldvoedselprogram waarsku die getal mense wat hongersnood in die gesig staar het tot 41 miljoen gestyg, vergeleke met die 34 miljoen wat aan die begin van die jaar voorspel is. Tomson Phiri van die Wêreldvoedselprogram sê 584 000 mense in Ethiopië, Madagaskar, Suid-Soedan en Jemen ly reeds honger. Hy sê honger neem toe weens konflik, klimaatsverandering en ekonomiese skokke. Die stygende prys van basiese voedselsoorte vererger ook tot die situasie: